Sesjarige van Bethlehem sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Liza Engelbrecht (6), ‘n leerling aan die Primêre Skool Jordania, is oorlede.

Medelye het die naweek ingestroom vir die Engelbrecht-gesin na Liza se afsterwe.

Sy is vroeg Saterdagoggend oorlede.

Betlehem Pienkvoet Pret het vroeër in ‘n plasing op sosiale media gevra vir gebed vir Liza om gesond te word.

“Ons bid vir jou om vinnig weer gesond te word. Ons bid Liewe Jesus se beskermende, genesende Hand oor jou kleine lyfie. Jy is braaf, sterk en so ‘n groot voorbeeld vir ons almal. Dit is ongelooflik om te sien hoe Bethlehem se gemeenskap saamstaan vir hierdie klein mensie.”

Meer inligting is nog nie bekend nie.