‘n Ambulans is net na 01:00 op Maandag 31 Julie 2023 op die N2 nasionale hoofweg in die area van die Coedmore-steengroef in Durban-Suid, KwaZulu-Natal, beskadig.
Emer-G-Med sê hul noodvoertuig het op die hoofweg gery toe dit puin op die pad oppervlak getref het. Die ambulans en nog voertuie het groot klippe wat vermoedelik in die pad geplaas is, getref.
Daar word geglo die klippe is deur individue wat voertuie probeer stop om die insittendes te beroof op die padoppervlak geplaas.
Die SAPD wat in die omgewing gepatrolleer het, het die voertuie wat gestop het, opgemerk en het die area beveilig voordat enige kriminele aktiwiteite kon plaasvind.
Emer-G-Med versoek motoriste om tydens ritte in die aand vir klippe op die padoppervlak op die uitkyk te wees.
“Indien jy moet stop, bel 10111 vir onmiddellike hulp.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



