Lees ook: Verdagtes in Nick Frischke-saak kan van moord aangekla word
Opod in Gauteng het Vrydag sewe polisielede van Ekurhuleni in hegtenis geneem op aanklagtes van roof met verswarende omstandighede, aanranding en skade aan eiendom.
Die Opod- nasionale woordvoerder Robbie Raburabu het gesê die inhegtenisnemings het gevolg na bewerings dat polisielede personeel by die LM Café in Nigel “terroriseer” het.
Vier lede van die Ekurhuleni-infrastruktuureenheid en drie lede van die Germiston-misdaadintelligensie is in Nigel aangehou na hulle hulself in Benoni oorhandig het.
Die polisielede het glo die bestuurders van die café aangerand, eiendom vernietig en omtrent R150 000 gesteel. Hulle het glo ook 150 bokse sigarette “gekonfiskeer” maar nie alles ingehandig nie.
Hulle sal vandag in die Nigel-landdroshof verskyn.
Bronne: IOL, Zimoja, Flipboard, Facebook, Twitter
Lees ook: Verdagtes in Nick Frischke-saak kan van moord aangekla word



