Lees ook: Fase 2- en fase 4-beurtkrag vir die week aangekondig
Betogings het in Riverlea, Johannesburg, uitgebreek die dag na die liggame van vermoedelik onwettige buitelandse myners in die gebied gevind is.
Vyf mans is glo dood na ‘n skietery tussen twee groepe onwettige myners.
Die Gautengse polisiewoordvoerder lt.kol. Mavela Masondo het bevestig die polisie monitor Riverlea en Zamimpilo- informele nedersetting.
Die hoofpad is geblokkeer met klippe en brandende wiele. DIe inwoners betoog teen onwettige mynaktiwiteite en skietgevegte tussen die groepe.
Bronne: TimesLIVE, The Citizen, News24
Lees ook: Fase 2- en fase 4-beurtkrag vir die week aangekondig



