Raadslid van KZN National Freedom-party doodgeskiet op Nongoma

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Malema wat ‘Kill the boer’ sing die naweek ontstel Agri SA

‘n Raadslid van die National Freedom-party (NFP) is gisteroggend doodgeskiet in haar huis op Nongoma, KwaZulu-Natal.

Die raadslid is geïdentifiseer as Ntombenhle Mchunu (75). ‘n Familielid wat die aanval op die raadslid oorleef het, is in kritieke toestand in die hospitaal.

Die rede vir die aanval is onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord.

Bronne: News24, The Citizen, EWN

Lees ook: Malema wat ‘Kill the boer’ sing die naweek ontstel Agri SA