Marius Konstant Burger (55) is sedert Saterdag 29 Julie 2023 omstreeks 08:00 van sy woning in Onderstepoort, Pretoria-Noord, Gauteng, vermis.
Die Pink Ladies-organisasie sê hy is sonder sy medikasie weg en word as weerloos beskryf.
Burger is van medium bou, weeg ongeveer 120 kg en is 1.7 m lank. Hy het blou oë en grysblonde hare.
Hy was in ‘n blou-en-wit gestreepte katoenhemp, swart oortrektrui, blou denimbroek, blou Johnsons-baadjie en swart toeryg leerskoene geklee.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan die volgende persone bel:
Pretoria-Noord-SAPD AO Momberg – 083 419 9766 of 08600 10111
Pink Ladies-organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



