Driejarige in brand dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Driejarige is Maandag 31 Julie 2023 omstreeks 13:00 in ‘n brand in die Sobantu-area in KwaZulu-Natal dood.

Mi7 National Group sê hulle is na ‘n strukturele brand ontbied. Met aankoms op die toneel was Pietermaritzburg-brandweer reeds besig om die brand te blus.

Nadat die brand geblus is, is die oorskot van ‘n driejarige kind in die puin gevind. Die kind is deur paramedici dood verklaar.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel