Liggaam van meisie (8) in verlate huis gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Tezlin Lucas (8), ‘n gr. 2-leerling van Walmer Lower Primary School se liggaam is op Maandag 24 Julie 2023 in ‘n verlate huis in Marikana- informele nedersetting in Qqeberha gevind.

Volgens Women For Change was sy die laaste keer op 21 Julie 2023 opgemerk en is haar liggaam drie dae later in die verlate huis ongeveer 500 meter van haar eie huis gekry.

WFC sê die polisie het bevestig die meisie het sigbare brandwonde aan haar liggaam gehad, wat dit moeilik gemaak het vir haar familie om haar uit te ken.

Die polisie ondersoek haar moord.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel