Sewe persone in Durban geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Altesaam sewe persone is vanmiddag in Victoriastraat in Durban se besigheidsgebied geskiet.

ALS Paramedics het net na 15:30 verskeie oproepe oor die insident ontvang, waarna ambulanse en gevorderde lewensondersteunende paramedici na die toneel is.

Met aankoms saam met die SAPD op die toneel is chaos gevind. Sewe persone is in onbekende omstadighede geskiet en in die straat waar hulle gelê het, gelos.

Nog ambulansdienste is vir bystand ontbied.

Die beseerdes het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel deur ALS Paramedics en Netcare 911-paramedici gestabiliseer voordat hul vir verdere mediese behandeling na verskeie Durbanse hospitale vervoer is.

Omstandighede wat tot die skietery gelei het, is onbekend.

Die SAPD is op die toneel om ondersoek in te stel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel