Die staat voer aan Lauren Dickason het haar dogters op ‘n berekende manier doodgemaak omdat sy kwaad en gegrief was.
Dickason ontken die klagtes teen haar en beroep haar op kindermoord en waansin.
Dr. Susan Hatters-Friedman, die verdediging se deskundige forensiese psigiater, se getuienislewering het in die Christchurch-hof voortgegaan en het die verdediging se argument van waansin ondersteun. Sy het Dickason met ernstige depressiewe versteuring met psigotiese kenmerke gediagnoseer en sê sy het nie die besef gehad dat haar aksies moreel verkeerd is nie.
“Through her mentally disturbed thinking, she conceptualised the joint filicide/suicide as saving the children, the right thing to do for her family. She perceived that she and the children would go to heaven together, indicating she did not believe this was morally wrong.”
Hatters-Friedman het aan die hof gesê sy glo nie die agt uitgewisse internetsoektogte oor hoe om kinders te vermoor wys dat die moord op die kinders beplan was nie. Volgens haar het Dickason geen van die metodes wat die soektogte opgelewer het, gebruik nie, maar impulsief ‘n ander metode gebruik.
Volgens 1News het Andrew McRae, staatsaanklaer, vir Hatters-Friedman kruisondervra waartydens Dickason dikwels haar kop geskud het.
Hy het genoem Hatters-Friedman se onderhoud met Dickason was vroeër vanjaar per video en wou weet hoe goed die assessering was, aangesien dit nie direk na die moorde en in persoon gedoen is nie. Hatters-Friedman het aan die hof erken vroeër onderhoude sou die ideaal wees, maar dit hang van die persoon se geestestoestand af.
McRae het vir Hatters-Friedman gesê Dickason het haar nie vertel hoe sy die aand gevoel het nie, in teenstelling met wat sy vroeër aan die staat se psigiaters gesê het.
“She reported that she reacted angrily thinking, ‘it’s never enough’ and that she felt ‘like a spring getting tighter’ and ‘I’m going to do something’.”
Hy het verder vir Hatters-Friedman gesê Dickason het in ‘n ander onderhoud erken “I was worried I was going to give one of the kids a bloody good hiding.”
Hatters-Friedman, wat Maandag verder kruisondervra gaan word, glo Dickason se optrede was nie uit woede nie.
Bronne: 1News, New Zealand Herald en Newshub
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



