Die liggaam van ‘n vermoorde man is Vrydagmiddag gedeeltelik onder die water in ‘n rivier in Emona in KZN gevind.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het ‘n lid van die gemeenskap op ‘n poel bloed afgekom. Met verdere ondersoek het hy die man se liggaam ongeveer 50 m af in die rivier ontdek.
Die voorval is omstreeks 11:50 Vrydagmiddag aan Rusa-beamptes gerapporteer.
Die man se identiteit is nog nie bekend nie, en die rede vir die moord ook nie.



