Vrou gebruik haar vel om ‘mensleer’ te maak na gewigsverliesoperasie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou wat ‘n gewigsverliesoperasie ondergaan het, het ‘n vrieskas en ‘n tuimeldroër gebruik om menslike leer uit haar oortollige vel te maak.

Oxford Mail berig die 52-jarige kunstenaar, Katie Taylor, vertel die idee het “sommer net” in haar gedagtes opgekom toe sy besluit het om die gewigsverliesoperasie te ondergaan.

Haar vriend het die 1,8 kg se vel by die hospitaal gaan haal nadat dit van Taylor se liggaam verwyder is.

Taylor het die vel toe vir byna nege maande in die vrieskas gelos voordat sy dit uitgehaal het om leer te maak.

Die proses het ingesluit om die vel in ‘n tuimeldroër te laat droogword. Sy beplan nou om dit uit te stal.