Die kerkgemeente van Emmanuel Community Church in Spring Place te Tea Estate Verulam in KwaZulu-Natal, wat 20 volwassenes (mans en vroue) en vyf kinders insluit, is Donderdagaand 28 Julie 2023,deur “gewapende rowers” aangehou en beroof.
Reaction Unit South Africa sê verskeie oproepe van gemeentelede is om 19:56 ontvang.
Met aankoms op die toneel is reaksiebeamptes ingelig swaar gewapende mans het die kerk bestorm en twee meisies (8) in die toilette toegesluit terwyl die gemeente, wat ‘n gebedsbyeenkoms bygewoon het, besteel is. Die aanvallers het die kerk met drie gesteelde voertuie, selfone, die kerk se televisie en waardevolle items van die kerkgangers verlaat.
Sleutels vir drie voertuie, ‘n maroen Toyota Corolla, ‘n wit GWM Steed en ‘n wit GWM Hover met registrasienommer NT 51979, is gebuit. Die gesteelde goedere is in die voertuie gelaai en daarmee weggery.
Reaksiebeamptes is ingelig die GWM Steed is met ‘n opsporingstoestel toegerus. Die voertuig is deur ‘n operasionele span van Netstar in Inanda, KwaZulu-Natal, gevind. Die maroen Toyota Corolla is later deur reaksiebeamptes in Amatikwe opgespoor. Teen 22:05 het reaksiebeamptes steeds na die GWM Hover gesoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



