Musikant en TV-aanbieder gee hom aan SAPD oor

Deel hierdie storie / Share this story

Die musikant en televisieaanbieder Molemo Maarohanye, bekend as “Jub Jub”, het homself op 27 Julie 2023 aan die polisie in Johannesburg oorgegee.

Jub Jub het in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en verkragting van Amanda Du-Pont. Sy het Jub Jub van verkragting en poging tot moord beskuldig en op 10 Februarie 2022 ’n saak teen hom geopen.

Die polisie het bevestig dat Jub Jub by die Brixton-polisiestasie is nadat ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Die Johannesburgse landdroshof het borgtog van R10 0000 aan hom toegestaan.

Op 5 Desember 2012 is Jub Jub tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op vier skoolkinders tydens ‘n motorongeluk. Hy het op ‘n openbare pad gejaag en onder die invloed van dwelms bestuur. ’n Appèl is in Februarie 2014 aangehoor.

In Oktober 2014 is Jub Jub se skuldigbevinding tot strafbare manslag verander. Hy is in Januarie 2017 op parool vrygelaat nadat hy vier jaar, een maand en een dag van sy verminderde vonnis van 10 jaar uitgedien het.

Na sy vrylating uit die tronk het Jub Jub voortgegaan om musiek vry te stel, verskeie TV-optredes gemaak en sy eie TV-programme aangebied.