Vasgekeerde vragmotorbestuurder na vier uur bevry

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bestuurder was Donderdag 27 Julie 2023 vasgekeer in ‘n vragmotor wat eers ‘n seun gestamp het en toe omgeslaan en teen ‘n wal in Ogunjini in KwaZulu-Natal afgery het. Hy kon uiteindelik na vier uur bevry word.

Reaction Unit South Africa sê die bestuurder het met die Mercedes-Benz-vragmotor teen ‘n steil afdraande gery toe die ongeluk plaasvind.

Die Reaction Unit South Arica R44-helikopter, wat met lugpatrollering besig was, het omgeveer 16:02 opdrag ontvang om die ernstige ongeluk op te spoor en reaksiebeamptes en nooddienste onderweg na die toneel na die ligging te beduie.

Met aankoms het die vragmotor, wat aan die departement van vervoer behoort, verskeie meters teen ‘n wal af op sy kant gelê.

Die bestuurder was vasgekeer.

Daar is vasgestel dat die vragmotor eers ‘n tienerseun gestamp het wat met ernstige beserings na ‘n hospitaal geneem is.

Die bestuurder is op die toneel gestabiliseer. Hulp is van Ethekiwini-brandweer en nooddienste versoek om die man wie se bene onder die paneelbord vasgesit het te help bevry. Dit het ongeveer vier uur geneem om hom met reddingskake te bevry.

Die beseerde bestuurder is verder gestabiliser voordat hy per ambulans vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.

Lees FiND iT se vorige berig oor die ongeluk hier onder:

‘n Helikopter van Reaction Unit South Africa is vanmiddag omstreeks 16:44 gebruik om ‘n ernstige ongelukstoneel in Ogunjini in KwaZulu-Natal op te spoor.

‘n Aktiewe reddingstoneel is op video vasgevang.

Reaction Unit South Africa se helikopter is na ‘n ernstige ongelukstoneel na ‘n landelike gebied ontbied.

Die operasionele sentrum is deur oproepe vir hulp oorval.

Inligting het aangedui dat ‘n kind deur ‘n vragmotor omgery en in ‘n kritieke toestand was. Verdere oproepe het onthul dat die vragmotorbestuurder in die wrak wat omgeslaan het en teen ‘n wal af is, vasgekeer is.

Die toneel is verskeie kilometer van Osindisweni-staatshospitaal.

Die vlieënier en bemanning het die toneel binne vier minute na opstyging opgespoor en kon paramedici daarheen beduie.

Die kritiek-beseerde kind is na ‘n hospitaal gehaas terwyl gepoog is om die vasgekeerde vragmotorbestuurder te bevry.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel