Die Johnnesburg-padagentskap het Miles Stokerstraat in Roodepoort-area se een baan vir vir verkeer gesluit.
Die padagentskap sê op sosiale media ‘n sinkgat het weens onwettige mynaktiwiteite en tonnels onder die padoppervlak gevorm.
Om veiligheid te verseker, is die pad in ‘n noordelike rigting tussen Main Reefweg en Roodepoort tydelik gesluit. Tot verdere kennisgewing word verkeer na die suidwaartse rybaan herlei.
Volgens die plasing bestaan daar ‘n moontlikheid van nog padsluitings om die publiek se veiligheid verseker.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



