Sangeres Sinéad O’Connor (56) oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Die Ierse sangeres en aktivis Sinéad O’Connor is Woensdag in die ouderdom van 56 oorlede. Medelye het teen laat Woensdagaand (SA-tyd) op sosiale media ingestroom na die nuus van die bekende sangeres se dood bekendgemaak is.

In ‘n verklaring het die sangeres se familie gesê: “Dit is met groot hartseer dat ons die dood van ons geliefde Sinéad aankondig.”

Haar familie en vriende is platgeslaan en vra vir privaatheid in hierdie baie moeilike tyd. Haar dood volg ‘n jaar na die selfdood van haar seun.

O’Conner was veral bekend vir haar enkelsnit Nothing Compares 2 U wat in 1990 uitgereik is.