Resep: Mieliepapmuffins

Deel hierdie storie / Share this story

Bestanddele

2 koppies mieliemeel
4 koppies water
1 teelepel sout
3 eetlepels olyfolie of botter
2 eiers
2 hande vol kaas, gerasper
4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
1 teelepel rooipeper
1 teelepel paprika
1 koppie heel mieliepitte
6 songedroogde tamaties, gekap
12 kersietamaties, gehalveer

Metode

Voorverhit die oond tot 200 ºC. Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met ’n deksel op prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel. Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby. Skep die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.

Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK