‘n Liggaam is Woensdagaand gevind tydens die soektog na ‘n 14-jarige meisie in Tasmanië.
Daily Mail berig die liggaam is tydens die soektog na die vermiste Shyanne-Lee Tatnellis, ongeveer 50 km van waar sy laas gesien is, gevind.
Tatnell is op die aand van 30 April laas op CCTV-beeldmateriaal gesien. Speurders het die laaste drie maande onverpoosd na die tienermeisie gesoek.
Die menslike oorblyfsels is nog nie geïdentifiseer nie.



