LeBron James se seun (18) stabiel na skielike hartaanval

Deel hierdie storie / Share this story

Die basketbalster LeBron James se 18-jarige seun het Maandag tydens ‘n basketbal-oefensessie saam met die span van die Universiteit van Suid-Kalifornië (USC) ‘n hartaanval gekry.

TMZ berig mediese personeel kon die 18-jarige Bronny behandel en hom na ‘n hospitaal neem. ‘n Familielid het glo aan TMZ gesê hy is nou in ‘n stabiele toestand en nie meer in die hospitaal se intensiewesorgeenheid nie.

“Ons vra vir respek en privaatheid vir die James-gesin en ons sal die media in kennis stel as daar meer inligting is,” het die familielid gesê.