Selfone hoort nie in skole sê Verenigde Nasies

Deel hierdie storie / Share this story

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, Unesco, het gepleit dat selfone by skole verbied word.

In ‘n verslag wat deur Unesco uitgereik is, voer hulle aan daar is toenemende bewyse dat té veel skermtyd ’n negatiewe impak op kinders se emosionele stabiliteit het.

Volgens die verslag kan die veiligheidskwessies verbonde aan selfone nie geïgnoreer word nie.

Unesco sê kuberboelies is aan die toeneem en het dit ‘n negatiewe uitwerking op kinders se fisiese en geestesgesondheid.

“Selfone is ‘n afleiding vir kinders, dit meng in met hulle klastyd, en kinders kan leer sonder skermtyd.”

Volgens die Global Education Monitoring Report van Unesco het kinders in België, Spanje en Brittanje beter opgelet toe slimfone by skole verbied is. 

Selfone, tablette en slimhorlosies sal reeds vanaf 1 Januarie 2024 in klaskamers in Nederland verbied word in ’n poging om afleiding te verminder.