Help vermiste man van Brakpan opspoor

Deel hierdie storie / Share this story

Phillip Johannes Stephanus de Swardt is sedert Woensdag 12 Julie 2023 omstreeks 22:15 te Minnebron, Brakpan, Gauteng vermis.

Hy word as weerloos beskryf en het sy selfoon en beursie agtergelaat. Tot op hede is niks sedert sy verdwyning van hom gehoor is nie.

Hy is slank, weeg 83 kg en is 1.85 m lank met ligbruin oë en sy kop is skoon geskeer. Die laaste keer wat hy gesien is, was hy in ‘n wit T-hemp, swart sweetpakbroek, swart hoed en wit sneakers, geklee.

Uitkenbare merke aan hom is tatoes soos op foto’s.

Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in verbinding tree:

AO Vilikazi Brakpan-SAPD – 011 744 7100 of 08600 10111

Pink Ladies-organisasie – 072 214 7439 f 083 378 4882

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel