‘n Man is Woensdagoggend 12 Julie 2023 by ‘n nywerheid wat staalprodukte vervaardig in Meyerton na ‘n industriële insident oorlede.
CERT (Community Emergency Response Team) het ongeveer 09:00 ‘n oproep vir hulp ontvang.
Met aankoms is ‘n man aangetref wat veelvuldige traumatiese beserings opgedoen het. Hy is op die toneel dood verklaar.
‘n Getuie het vertel die man was besig om te werk toe sy baadjie na bewering in die ratte van die masjien vasgevang is en hy so beseer is dat hy oorlede is.
Die Meyerton-SAPD was op die toneel om ondersoek in te stel.
CERT is deur ER24 op die toneel bygestaan.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



