KYK: Taxibestuurder neem rowers op ‘n wilde rit

Deel hierdie storie / Share this story

’n Skokkende video, wat wys hoe ’n taxibestuurder probeer om van gewapende rowers ontslae te raak, doen die rondte op sosiale media.

Die voorval, wat op ‘n taxi se dashcam vasgevang is, wys die oomblik toe ‘n passasier sy vuurwapen uithaal, wat lyk soos ‘n poging om die taxibestuurder te beroof.

In ’n poging om die rower af te skrik, het die taxibestuurder sy voet op die versneller gesit.

“Skiet my! Skiet my!” daag die man die rowers uit terwyl hy vinniger ry, en beheer van die gebeure neem.

Soos die voertuig momentum kry, draai die bestuurder die stuurwiel en die taxi swaai na die kante toe.

In die video kan gehoor word hoe die rowers skree.

Die bestuurder trap ewe skielik die rem en voordat die taxi tot stilstand kom, spring die rowers uit die taxi