Skote op verkeersbeampte, verdagte in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verkeersbeampte is Woensdag op die N2-snelweg geskiet.

Luidens ‘n polisieverklaring het die verkeersbeampte, wat op patrollie was, ‘n bakkie langs die pad sien staan en gesien hoe drie onbekende mans na die stilstaande bakkie stap.

Die verkeersbeampte het onmiddellik na die bakkie gegaan, toe hy opmerk die drie mans is gewapen.

Een van die verdagtes het op die verkeersbeampte geskiet toe hy by die bakkie stilhou, waarna hy teruggeskiet het.

Die ander twee verdagtes het in die rigting van die Ikwezi- informele nedersetting gehardloop.

Lt.kol. Malcolm Potje, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is in hegtenis geneem en word deur ‘n klag van gewapende roof in die gesig gestaar.