‘Dit het my lank geneem om weer op dreef te kom’ sê Brendan Peyper na operasie

Deel hierdie storie / Share this story

Brendan Peyper, wat in Junie ‘n operasie ondergaan het en deurentyd sy ondersteuners op sosiale media op hoogte gehou het, sê dit het hom lank geneem na sy operasie om weer op dreef te kom met sy fiksheid en gesondheid.

Brendan moes onder andere ‘n bloedblasie op sy stemband laat verwyder.

“Dit het my lank gevat na my operasie om weer op dreef te kom met my fiksheid en gesondheid. Ek het baie gewig verloor, veral spiermassa. Dit was nog altyd vir my baie belangrik om fiks te bly maak nie saak wat nie, maar ek moet by sê, die dieet wat ek moes volg om my stemband weer vinnig gesond te maak, was ook nou nie juis my styl nie.”

“Om ‘n uur ‘n dag by die gym uit te kom is my alleen tyd, waar ek my oorfone insit en na musiek luister wat my inspireer en motiveer om ook nuwe musiek te skryf, dis ook waar my brein bietjie rus inkry en ek vir ‘n paar minute van die wêreld kan vergeet en op myself fokus. Dit is belangrik.”