‘n Endokrinoloog van Gqeberha wat in 2021 deur die HPCSA skuldig bevind is aan vyf aanklagte van wangedrag, insluitend seksuele aanranding , is terug en “praktiseer” as ‘n endokrinoloog in Scottsville, Pietermaritzburg.
Women for Change berig die dokter se mediese lisensie is vanaf September 2020 vir 18 maande opgeskort, wat hom toegelaat het om weer vanaf Maart 2022 te praktiseer.
Die organisasie sê ook nege vroue het sedert sy skuldigbevinding in 2021 na vore gekom.
“Ons is geskok dat hierdie man weer praktiseer. Dit is onaanvaarbaar, veral met ‘n verstommende toename in geslagsgebaseerde geweld in ons land,” lui ‘n verklaring. Die organisasie sê hy wil die dokter se lisensie permanent terugtrek en dus keer dat hy toegelaat word om weer te praktiseer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



