Beweerde moordenaar sterf na skietery met polisie op Vosloorus

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte sterf in polisieaanhouding

Konst. Siyabonga Thango (32) is Vrydag doodgeskiet toe hy op ’n sakeroof op Vosloorus, waarby gewapende mans betrokke was, reageer het.

‘n Ondersoekspan het Sondagoggend inligting opgevolg oor waar die verdagtes is, waarna ’n skietery tussen die verdagtes en die polisie uitgebreek het.

Twee verdagtes, 27 en 29, is in hegtenis geneem en drie vuurwapens is gekry. Die een verdagte het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Bronne: IOL, TimesLIVE, The Citizen

Lees ook: Verdagte sterf in polisieaanhouding