Verdagte sterf in polisieaanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Metropolisiebeampte in Durban doodgeskiet

’n Verdagte (54) is Dinsdagaand in polisieaanhouding dood. Hy is in hegtenis geneem en van poging tot moord aangekla.

Hy was in aanhouding by die Masemola-polisiestasie toe hy glo in die selle inmekaargestort het.

Die oorsaak van sy dood is onbekend. ’n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word.

Die saak is na Opod vir verdere ondersoek verwys.

Bronne: SAPS

Lees ook: Metropolisiebeampte in Durban doodgeskiet