Metropolisiebeampte in Durban doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Durbanse metropolisiebeampte is vanoggend op die M7-hoofweg doodgeskiet.

Die polisiebeampte het glo in ‘n Durban-metropolisiekar gery wat gekaap is en later in die Pinetown-gebied gevind is. Hy is na bewering een keer in die bors geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die saak.

Bronne: IOL, TimesLIVE, The Citizen

Lees ook: Johannesburgers kla oor naarheid, hoofpyne en borspyn na ontploffing