Help man opspoor wat vermis raak op pad winkel toe

Deel hierdie storie / Share this story

Nicolaas Willem Oosthuyzen (35) word sedert 3 Julie 2023 omstreeks 18:45 te Potchefstroom, Noordwes, vermis.

Die Pink Ladies,-organisasie sê hy word as kwesbaar bestempel, is van medium bou, ongeveer 1,75 m lank en weeg ongeveer 85 kg. Hy het bruin oë en bruin hare.

Oosthuyzen is die laaste keer opgemerk toe hy na Mooi River-mall gestap het. Sedertdien is hy nog nie weer gesien of van gehoor nie.

Hy was moontlik in ‘n blou hemp, denimbroek en veldskoene geklee.

Uitkenbare merke is ‘n tatoe aan die binnekant van sy arm en littekens op sy elmboog.

Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met die volgende nommers in verbinding tree:

Potchefstroom-SAPD – 082 568 5734 of Stop Misdaad by 08600 10111

Pink Ladies-organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel