Beweerde kinderverkragter in Kraaifontein in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gerhard Ackerman vonnisoplegging uitgestel

‘n Verdagte wat in 2016 gevlug het, is verlede week in Kraaifontein in hegtenis geneem.

Jan Lewis Strydom is in Maart 2016 in hegtenis geneem op aanklagte van die verkragting van ‘n meisie (11) op Victoria-Wes, asook die besit van kinderpornografie. Hy was veronderstel om in die Victoria-Wes-streekshof te verskyn, maar het nooit opgedaag nie.

‘n Privaat sekuriteitsmaatskappy en die buurtwag het in Kraaifontein saamgewerk om die verdagte vas te trek. Die polisie is geskakel en die verdagte is Woensdagaand in hegtenis geneem. Hy het Donderdag in die hof verskyn. Verskeie rekenaars en bergingstoestelle is ook in sy besit gevind.

Reëlings word getref om hom terug Victoria-Wes toe te neem.

Bronne: IOL, Cape Town ETC, News24

Lees ook: Gerhard Ackerman vonnisoplegging uitgestel