Twitter verander dalk logo en naam

Deel hierdie storie / Share this story

Twitter gaan binnekort sy handelsnaam en logo verander.

Die eienaar van die sosialemediaplatform, Elon Musk, sê Twitter sal binnekort slegs bekend staan as X, en sal ook ander dienste buiten sosialemedia-interaksie bied.

Volgens Musk sal die dienste betalings en ander bankdienste insluit.

Musk is welbekend met betaaldienste as die medestigter van die betaalplatform Paypal.

Musk het Sondagaand op Twitter gesê ‘n twiet sal in die toekoms bekend staan as ‘n X, en dat die maatskappy reeds begin het met die ontwerp van die nuwe handelsnaam.