Elf dood na dak ingee op meisievlugbalspan

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Boney M-sanger in ongeluk op pad na tronk

Elf persone is oorlede na die dak van ‘n skoolgimnasium in China ingegee het terwyl die meisievlugbalspan in die gebou was.

Getuies het aan die plaaslike media gesê die meeste van die slagoffers was kinders. Slegs agt van die 19 mense wat tydens die tragedie in die gimnasium was, het oorleef.

‘n Voorlopige ondersoek het bevind ‘n vorm van vulkaniese glas, perliet, is onwettig op die dak gepak. Die stof het reënwater opgegaar en die gewig het vermoedelik die ineenstorting veroorsaak.

Ouers het hulle na die plaaslike hospitaal gehaas om uit te vind waar hulle kinders is.

Bronne: BBC, Evening Standard, Yahoo Sports

Lees ook: Boney M-sanger in ongeluk op pad na tronk