Lees ook: Jan Oberholzer verlaat Eskom
Die Boney M-ster Liz Mitchell (71) is Vrydag gehospitaliseer na sy in ‘n ongeluk was. Liz Mitchell was op pad na die Whitemoor-tronk in March, Cambridgeshire Engeland, om haar broer, wat ‘n lewenslange tronkstraf vir die reël van ‘n moord uitdien, te gaan besoek.
Sy het in ‘n sloot ingery en is na die hospitaal geneem vir geringe beserings. Sy sterk tans by die huis aan.
Bronne: Bang Showbiz, The Sun, The Mirror
Lees ook: Jan Oberholzer verlaat Eskom