Lees ook: Verdagtes in trokbrande beskuldig polisie van aanranding
Die polisie het ’n identikit vrygestel van ’n verdagte na die verkragting van ’n vrou op 26 Junie in wingerde naby die Kakamas- industriële gebied.
Die man is tussen 20 en 25 jaar, 1.55 m lank en het ’n swart beanie, denimbroek en donkerblou hemp aangehad tydens die verkragting.
Enigiemand wat die verdagte kan identifiseer, word aangemoedig om sers. Dippenaar te skakel by 079 697 7836 of Crime Stop by 08600 10111.
Bronne: SAPS
Lees ook: Verdagtes in trokbrande beskuldig polisie van aanranding



