Lees ook: Verdagte in hegtenis geneem vir trokbrande in Mpumalanga
Die verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die uitbrand van nege trokke in Mpumalanga het die polisie van aanranding beskuldig.
Khulekani Shongwe, Emmanuel Mthethwa, Fundile Mpondo, Mafika Sibande en Nkosikhona Gumede het gister hulle eerste verskyning in die Ermelo-landdroshof in Mpumalanga gemaak.
Hulle word aangekla van roof met verswarende omstandighede, skade aan eiendom, sameswering om misdaad te pleeg, die besit van ‘n onwettige vuurwapen en een aanklagte van poging tot moord.
Die mans het gesê die polisie het hulle aangerand toe hulle in hegtenis geneem is.
Hulle prokureur, wat hulle almal verteenwoordig, het aan die hof gesê drie van sy kliënte kort mediese hulp vir beserings.
Die saak is tot 27 Julie uitgestel.
Bronne: Cape Talk, EWN, Mail & Guardian, The Africa
Lees ook: Verdagte in hegtenis geneem vir trokbrande in Mpumalanga



