Lees ook: Verdagtes in Kwanobuhle-moorde bly in aanhouding
’n Beweerde huurmoordenaar (29) is Sondagaand in Lwandle in die Wes-Kaap in ’n skietery met die polisie dood.
Die oorledene was aan minstens tien sake in Lwandle waarin 12 mense tussen Februarie 2022 en Maart 2023 dood is verbind.
‘n Skietery het gevolg na die polisie inligting ontvang het oor waar hy hom bevind. Die verdagte het glo op die polisie begin skiet toe hy hulle sien, waarna teruggeskiet is. Die verdagte is op die toneel oorlede.
Nog twee verdagtes wat na bewering verbind word aan van die moorde wat glo deur die beweerde huurmoordenaar uitgevoer is, is in hegtenis geneem.
Die twee verdagtes sal in die plaaslike landdroshof verskyn wanneer hulle formeel aangekla word.
Bronne: SAPS



