Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir massaskietery in Oos-Kaap
Die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is vir ses moorde in Kwanobuhle sal in aanhouding bly. Hulle het gister in die Kariega-landdroshof verskyn op aanklagtes van moord en poging tot moord.
Dit word beweer drie onbekende verdagtes het op 11 Julie by ’n erf in Mdledlestraat ingegaan en ses mense doodgeskiet en vier beseer. Die skietery het glo ‘n verbintenis met dwelms gehad.
Die saak is uitgestel tot 20 Julie vir ’n konsultasie met die verdagtes se prokureur.
Bronne: SAPS
Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir massaskietery in Oos-Kaap



