Petrolprys styg moontlik in Augustus

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Dodetal in Kenia-kultustragedie styg tot 391

Die Automobiel-Assosiasie het data van die Sentrale Energiefonds ontvang wat daarop dui dat die petrolprys in Augustus gaan styg.

Dit is moontlik dat die prys van loodvrye 96-petrol met sewe sent per liter sal styg. Die dieselprys gaan dalk met 48 sent per liter toeneem. Paraffien kan met 47 sent per liter duurder kos.

Die prysstygings is nog nie bevestig nie en kan nog voor dan verander.

Bronne: eNCA, Algoa FM, The CItizen

Lees ook: Dodetal in Kenia-kultustragedie styg tot 391