Dodetal in Kenia-kultustragedie styg tot 391

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Dodetal in Kenia-kultus styg tot minstens 318

Die dodetal in die Keniaanse kultus waar mense oortuig is om hullself uit te honger tot hulle doodgaan, het tot 391 gestyg na nog sewe liggame Vrydag opgegrawe is.

Altesaam 95 mense is gered en 37 is in hegtenis geneem.

Die hoofverdagte, Paul Mackenzie, ‘n voormalige taxibestuurder en “pastoor”, en 28 ander verdagtes is na die Malindi GK-tronk geskuif na die polisie inligting ontvang het dat die verdagtes ophou eet het.

Omtrent twaalf verdagtes het in die hof flou geword van die honger.

Bronne: All Africa, The Citizen, South Africa Today

Lees ook: Dodetal in Kenia-kultus styg tot minstens 318