Dodetal in Kenia-kultus styg tot minstens 318

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kinders geteiken om eerste te sterf in Keniaanse kultus – pastoor

Die dodetal verbind aan die Kenia-kultus waar mense aangemoedig is om hulself van die honger te laat sterf “om Jesus te ontmoet” het tot minstens 318 gestyg, met meer as 600 mense wat steeds vermis word.

Die dodetal sal na verwagting styg met meer opgrawings wat gedoen word.

Paul Mackenzie, ’n taxibestuurder en “pastoor”, het sy volgelinge oortuig om hulself en hulle kinders van die honger te laat omkom sodat hulle “Jesus kan ontmoet”. Die kinders is geteiken om eerste dood te gaan.

Altesaam 65 van die mense wat gered is, is Maandag aangekla van selfdoodpogings, wat onwettig is in Kenia, na hulle tussen 6 en 10 Junie geweier het om te eet. Van Mackenzie se volgelinge wat gered is, weier steeds om te eet en die minister van binnelandse sake het gesê een is oorlede.

Mackenzie het homself in April aan die polisie oorhandig en is borg geweier. Hy sal volgende week weer in die hof verskyn.

Bronne: New Zimbabwe, Nehanda Radio, The Independent

Lees ook: Kinders geteiken om eerste te sterf in Keniaanse kultus – pastoor