Lees ook: Nadoodse ondersoeke begin na Kenia-kultussterftes
Kinders is geteiken om eerste dood te gaan het die voormalige adjunk pastoor van die Keniaanse kultus gesê. Hy het gesê die kinders is gesê om in die son te gaan vas sodat hulle vinniger doodgaan.
Hulle is ook vir vyf dae in hutte toegemaak sonder kos of water en daarna begrawe, selfs die wat nog asem gehaal het.
Titus Katana, die adjunk-pastoor, wat die polisie bystaan in hulle ondersoek het gesê lede van die kultus is gesê hulle sal vinniger in die hemel aankom as hulle doodgaan van die honger.
Daar is so ver 201 liggame in massagrafte gevind in die ondersoek met meer as 600 mense wat steeds vermis is.
Die nadoodse ondersoeke van sommige liggame het tekens gevind van uithongering, versmooring en aanranding.
Die pastoor Paul Mackenzie is in polisieaanhouding maar ontken alle aantygings teen hom.
Bronne: BBC, The Star, Ward Heer News



