Lees ook: Rooikruis waarsku dodetal van Kenia-kultus kan styg met 213 vermiste mense
Die nadoodse ondersoeke vir meer as honderd liggame van persone van ’n Keniaanse kultusgroep wat glo hulself uitgehonger het, sal Maandag begin.
DNS sal ook bymekaargemaak word, maar dit sal maande neem om die volle uitslae te kry.
Massagrafte is naby die Shakahola-bos gevind. Die meeste was kinders. Die dodetal staan tans op 109.
Die kultusleier, ’n voormalige taxidrywer nou pastoor, Paul Mackenzie Nthenge, het glo sy volgelinge aangemoedig om hulself uit te honger “sodat hulle Jesus kan ontmoet”. Hy is verlede week in hegtenis geneem.
Daar word vermoed dat sommige van die slagoffers nie dood is van honger nie, maar op ander maniere aan hul einde gekom het.
Bronne: IOL, News24, EWN, The Citizen
Lees ook: Rooikruis waarsku dodetal van Kenia-kultus kan styg met 213 vermiste mense



