Die Kaplyn Musiekblyspel vir mediese noodgeval tydens optrede gekanselleer

Deel hierdie storie / Share this story

Die immergewilde “Die Kaplyn Musiekblyspel” wat tans in die AfriForum-teater plaasvind, is oor die naweek weens ‘n mediese noodgeval wat deur Illán van Staden ondervind was, gekanselleer.

Hy het het tydens die 3de vertoning wat die naweek (Saterdagaand) plaasgevind het ‘n abnormale hartklop gehad waarna die situasie aan die gehoor verduidelik was.

Die gehoor wat die situasie ten volle verstaan het, het vir Illán gebid.

AfriForum-teater het ongeveer 20 ure terug gesê: “Met dankbare harte kan ons deel dat Ilán van Staden is op die verhoog vandag. Alle vertonings gaan voort soos beplan.”

Hulle het ook gister die volgende plasing gemaak:

“Na verloop van gisteraand se vertoning wat halfpad moes stop, wil ons graag baie dankie sê aan elke gas wat die situasie verstaan.

“Gesondheid en ‘n hart is nie iets om mee te speel nie. Alle vertonings gaan verder voort soos normaal.

“Ons sal binnekort alle kaartjiehouers van 13 Mei se 19:00 vertoning kontak om alternatiewe te bespreek.

“Dankie vir julle begrip en geduld. Vir verdere navrae stuur gerus ‘n e-pos aan [email protected].”

Jannes Erasmus, die regisseur en skrywer het die voorval soos volg in ‘n verklaring beskryf:

V E R K L A R I N G

Net toe ek dink die twee dronk mense wat hulleself wan gedra in die gehoor vanaand gaan ons grootste berg wees om te klim.

Tydens die breuk van die 3de vertoning die naweek bel Bernice my en vra waar is ek, weet ek van Ilan…

Ek hardloop backstage, toe ek by die deur uitloop is my hele cast op hulle knieë besig om vir Ilan te bid. Hy lê op die sement en hulle almal sit om hom. “Sy hartklop is abnormaal hoog, meer as 200 bpm…”

Ons probeer hom stabiliseer, almal help en die wat nie medikasie en nat lappe gaan haal nie, bid.

Ek het vroër opgemerk dat daar ‘n mediese beampte in die gehoor is (een van ons cast members se ouers) toe ons besef ons kort ‘n professionele opinie het ek haar gaan roep en sy het dadelik kom help. Ons moes na 20min die call maak of die tweede helfte sou plaasvind of nie. Mens speel nie met ‘n hart nie. Ilan wou natuurlik met alle mag net ‘n entjie stap en die tweede helfte afskop maar Suster Vorster was nie so oortuig soos hy nie. Sy het sy bloeddruk geneem en verder gemonitor.

Johan en Jacomien het saam met my die gehoor toegespreek en aan hulle die baie moeilike situasie verduidelik.

Nie net het hulle verstaan nie, ‘n man het selfs sy hand opgesteek en gevra of die gehoor vir hom kan bid…die knop in my keel het moeilik gesluk. Hulle het gevra vir sy naam en het vir hom gebid.

Die ambulans het eventueel daar aangekom, sy toestand het teen daai tyd al verbeter. Hy is nou okay. Môre se vertonings gaan normaal aan en ons sal binnekort ’n alternatiewe datum identifiseer vir vanaand se gehoor om die volle ervaring te hê🙏🏼

Vanaand is ek dankbaar vir soveel goed.

Dankie Here dat Ilan okay is, we love you brother.

Dankie vir elke gehoorlid wat die omstandighede verstaan het en selfs aangebied het om vir hom in te tree.

Dankie vir my cast dat julle ‘n laer om hom getrek het en hom in julle gebede toe gevou het.

Suster Vorster vir die onmiddellike hulp.

Hoe sterker die boodskap hoe sterker is die aanslag.

Lord, we will praise You in the storm.

Mag die Here en Sy engele hierdie teater en elke mens wat daar instap beskerm en seën.

Alle eer aan U

Baie liefde en waardeering

Regisseur & Skrywer

Jannes Erasmus

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.