Man gevonnis tot 46 jaar tronkstraf vir twee verkragtings in een aand

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagtes wat hulself glo voorgee as polisie in hegtenis na poging tot roof

’n Man is tot 46 jaar tronkstraf gevonnis na hy skuldig bevind is van twee verkragtings in een aand.

Vusumuzi Mashaba Thabethe is skuldig bevind van twee verkragtings in een aand in Esikhaleni op 2 September 2021.

Thabethe het een vrou wat hy die vorige dag probeer kry het om met hom uit te gaan met ‘n mes gedreig terwyl hy haar herhaaldelik verkrag het voor hy haar laat gaan het.

‘n Paar ure later het hy by ‘n huis ingebreek en die vrou by die bosse ingesleep waar hy haar ook met ‘n mes gedreig het terwyl hy haar verkrag het. Hy het haar selfoon gesteel en gevlug.

Bronne: SAPS, IOL, Pressreader

Lees ook: Verdagtes wat hulself glo voorgee as polisie in hegtenis na poging tot roof