Hartswater-moordsaak word hervat

Deel hierdie storie / Share this story

Die vier verdagtes wat van die moord op Breggie (73) en Dan Brand (83) en hul 54-jarige dogter, Elzabie, beskuldig word, word die week weer in die Kimberley-hooggeregshof hervat.

Kgomotso Mpulwana, Donald Seolesang, Tshepo Visagie en Tshepoane Melato het glo die egpaar en hul dogter in Julie 2020 vermoor.

Hulle is in hul huis op ‘n hoewe buite Hartswater oorval, ontvoer en vermoor.

Die beskuldiges is sedertdien in aanhouding nadat hulle kort na die moorde in hegtenis geneem is.

Nadat die verhoor in Septemeber 2022 gebegin het, is dit uitgestel tot vandag.

Lees ‘n vorige berig oor die aanval hier.