Lees ook: Gerhard Ackerman skuldig op verskeie aanklagtes
Gerhard Ackerman, wat skuldig bevind is op meer as 700 aanklagtes – insluitend poging tot moord, mensehandel en verkragting, het vandag in die Suid-Gauteng-hooggeregshof verskyn.
Sy vonnisoplegging is uitgestel tot 14 Augustus 2023.
‘n Sielkundige het in die hof getuig dat Ackerman gediagnoseer is met ‘n pedofiliese versteuring. Die aanklaer het gevra dat Ackerman lewenslange tronkstraf ontvang op elke aanklagte waarvan hy skuldig bevind is. Met 10 jaar vir elke kind wat gediagnoseer is met HIV na hy hulle aan Paul Kennedy “verkoop” het met die wete dat Kennedy HIV positief was.
Bronne: Jacaranda FM, DispatchLIVE, TimesLIVE, Twitter



