Tweejarige seuntjie van Noordwes vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Mothutlung vra die gemeenskap se samewerking om die vermiste tweejarige Tshepang Mathews Malinga van Mothutlung in Noordwes op te spoor.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het die tweejarige se sibbe hom Vrydag 21 Julie laas gesien. Hy het glo die familie se huis verlaat om na hulle voog, die kinders se ouma, te soek.

Volgens lt.kol. Funani is ‘n intensiewe soektog in en om die buurt geloods, maar geen suksesvolle resultate opgelewer nie.

Klein Malinga het ‘n maroenkleurige sweetpakbroek, groen baadjie en groen-en-wit skoene aangehad.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, adj.off . Suthse by 071 446 3659 kontak.