Vermiste kop in rivier gevind, maand na onthoofde jong man se liggaam ontdek is

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem na die kop van ‘n onthoofde man, wie se liggaam ‘n maand gelede reeds gevind is, nou ook in die Namahadi-rivier gevind is.

Volgens adj.off. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, was die jong man se liggaam onherkenbaar verbrand.

Die twee verdagtes van tussen 24 en 28 jaar oud sal na verwagting binnekort op aanklag van moord in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.